Plaasmoord deur Karin Brynard

8835356Titel: Plaasmoord
Skrywer: Karin Brynard
Uitgewer: Human & Rousseau
Eerste druk: 2009
Bladsye: 510 (sagteband)
My gradering: 4 Sterre
Genre: Moord en doodslag, geskiedenis, speur

Aanbeveel aan: Afrikaanse misdaad en speurverhaal liefhebbers (soos Deon Meyer? Ja!)
Kort opsomming: Plaasmoorde het nooit juis vastrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word die drie en dertigjarige opkomende skilder Freddie Swarts en haar aangenome dogter aaklig vermoor
Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar moet die moord oplos., maar kort voor lank word hy en die vermoorde se suster, Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbelaan, 'n veediefstal-sindikaat en 'n groep omgekrapte boere wat sake in hul eie hande wil neem. Goodreads


Ek gaan nogsteeds effens gebuk onder my streng gereformeede skuldbekenning dat ek nie genoeg Afrikaans lees nie. My boetedoening vorder glad nie sleg nie, en ek voel heel trots op myself (wat seker ook nie juis toelaatbaar is nie). Ek het die afgelope maand al 3 Afrikaanse boeke deurgewerk. Dankie tog vir goeie vriende en familie met uitstekende lees-smaak wat almal Afrikaanse boeke aandra.

Ek het die lywige Plaasmoord saam met twee ander gewigte boeke en my getroue kindle in my tas gesmokkel oppad met vakansie. Nodeloos om te noem, het my man dit ontdek en gegrom oor die ekstra gewig. Deel van die gegrom was onder andere die aanname dat mens beslis nie so 'n dik boek kan skryf oor 'n plaasmoord nie. Ja, dit gebeur en dit is baie sleg, maar dis hoogstens 'n voorblad artikel met 'n vervolg op bladsy 3 werd. Ek het maar hard op my tong gebyt (ons almal weet mos die beste tekens van 'n suksesvolle huwelik is al die littekens op die tong) en besluit om eers die boek te lees en dan te besluit of dit 'n argument werd is of nie.

Ek was nog nie eers halfpad in die boek voor ek aan Shakepeare se bekende aanhaling, "What's in a name? That which we call a rose by any other name would smell as sweet", begin dink het nie. Die titel van hierdie boek is misleidend, bedrieglik, aandagafleidend en vreesaanjaend vir die boere-gemeenskap tans in Suid-Afrika. Ooooeee - dis 'n goeie titel. Want dit is presies hoe die boek is.

Jislaaik, ek het lanklaas so lekker gelees. Speurder-Inspekteur Albertus Markus Beeslaar (spreek dit hardop uit. Dit val so lekker op die tong), is pas uit Johannesburg verplaas om 'n veediefstal-eenheid in die Noord-Kaap op die been te bring. Ag jitte, het inspekteur Beeslaar nou nie vir jou die interessantste twee "sidekicks" (ek kry nie 'n vertaling nie en kantskoppers gaan beslis nie werk nie) nie, Sersante Pyl en Ghaap. Ek weet sommer hierdie driemanskap gaan groot gunstelinge word op my boekrak. 

Image result for Welkom in die Noord Kaap

Die boek val sommer met die deur in die huis. Sonder enige voorafgaande tierlantyntjies of Groot Trek familie geskiedenis. 'n Moord word gepleeg. 'n Plaasmoord.

"'n Plaasmoord raak almal in 'n gemeenskap soos hierdie. Almal. Die vrees, die waar maak van 'n nagmerrie in hulle midde. Dis asof die kollektiewe vrees waarmee iedereen in sy of haar agterkop rondloop, skielik uit die skadu van die onderbewussyn opduik en voor jou kom staan."
Maar is dit werklik net nog 'n plaasmoord? Net nog een van die redelose aanvalle wat ons platteland en plaas gemeenskappe regoor die land teister? Ek doen nie spoilers nie, dit grein teen my streng gereformeerde opvoeding. Maar ek sal die volgende aap uit die mou laat: 'n Plaasmoord kan wel 510 bladsye beslaan, mmaar die moord op Freddie Swarts is nie net nog 'n statistiek nie.

"Die wereld is vol fucked-up mense. En hulle is nie almal arm en swart en honger nie. Soms is hulle wit en mooi en ryk. Maar hulle koppe raas maar almal op dieselfde manier."

Dankie liewe vriendin dat jy sommer al 3 Karin Brynard boeke vir my geleen het. Kannie wag om verder ondersoek in te stel saam met Inspekteur Beeslaar en Pyl en Ghaap nie. 



Mareli 


View all my reviews

Comments

Popular posts from this blog

King Solomon's mines - H. Rider Haggard

Recipes for Love and Murder - Sally Andrew

The Sunday Post