Misverstand deur Marita van der Vyver

34041276Titel: Misverstand
Skrywer: Marita van der Vyver
Uitgewer: Penguin Random House SA
Publikasie datum: Maart 2017
Bladsye: 270 (sagteband)
My gradering: 2 Sterre
Beveel aan vir lesers van: Marita van der Vyver (dis nie 'n genre nie, ek weet, maar dit is 'n onmisbare stem). As jy worstel met die vraag, Wroeg jy met jou middelmatigheid? 
Kort opsomming: 
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.
Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken.
Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.
Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut. Goodreads



Ek lees nie genoeg Afrikaans nie. Tot daardie slotsom het ons reeds vroeg in hierdie blog se geskiedenis gekom. Ja, my streng Gereformeerde agtergrond laat my met die aankoop en optel van elke engelse boek voel of ek hardop vir die ouetehuis moet gaan lees om te verootmoedig vir my boek keuses. Daar is egter twee uitsonderdings: Deon Meyer en Marita van der Vyver. Ek koop, ek lees, ek vertel. Ek is trots Afrikaans. 

Die van ons wat maar altyd bewus is van wat in Marita van der Vyver se skryflewe aangaan, wag al geruime tyd vir die publikasie van Misverstand. Ek dink nie ek is die enigste Marita aanhanger wat haar boeke as persoonlike vriende ervaar nie. Ek was in Graad 11 toe Die dinge van 'n kind gepubliseer is. Reeds toe het ek geweet: "Stick with me baby...." 

13 November 2015 word die wereld geruk deur die tereuraanvalle in Parys (2015 Paris attacks). Soos met 9/11 sit ons almal vasgenael voor die kassie en bepeins ons eie verganklikheid. 16 November 2015 plaas Marita van der Vyver daar uit die puin- en pynhope van Frankryk die volgende artikel op Litnet:

Soms is woorde nie genoeg nie - lees dit. Al het jy reeds van te vore. Ag en ek huil sommer snot en trane. Want Marita se woorde is altyd genoeg.

Het ek nou genoeg heuning om die pyl van die waarheid gesmeer? Daar is duidelikheid dat ek Marita van der Vyver se deugde beter as Salomo kan besing? Want die waarheid is dat Misverstand vir my 'n misverstand was. 

Moontlik mis ek iets hier. Moontlik is my worstelstryd tans teen baie meer dinge as net my eie middelmatigheid en iriteer die orige ou omie wie se dinges hom heeltemal te veel pla my net grensloos. Moontlik is ek soos Maurice, Willem se vervreemde seun in Parys, net nie tans lus om my voete nat te maak nie en gaan daar maar 'n ewige misverstand tussen my en hierdie boek wees.

Die arme Willem gaan seker werklik deur 'n vreeslike worstelstryd (sien wat ek bedoel met persoonlike vriende?), hy is "iemand wat van onvervulde beloftes en vergeefse probeerslae aan mekaar geplak is". Maar ek het sy karakter so effens as Uilspieël ervaar en ek kon net regtig min tot geen empatie vir die man kry. 

Aangesien ons nou aan die pyle skiet is hier - dit was die eerste keer wat ek 'n Marita van der Vyver boek lees waar ek nie juis van enige karakter gehou het nie. Marita se kenmerkende noem-'n-graaf-op-sy-naam (call a spade a spade) stem was ook gebruiklik en onmisbaar teenwoordig. Gewoonlik pla dit my nie juis nie en raak dit "eie" aan die storie en karakters. Maar in hierdie boek het die spreekwoordelike graaf my met tye dwars in die krop gesteek en vir Misverstand 'n gat gegrou (My opinie. Ek is nie een van die wat die evangelie van 'n boek bepaal nie, so jy hoef jou nie daaraan te steur nie).

Marita van der Vyver het die kuns om 'n "slice of life"-storie te vertel, al vele male vervolmaak. Die tipe stories waar daar nie werklik so baie gebeurtenisse as ervarings is nie. A slice of life. Koek en icing stories. In Misverstand was daar 'n effense misverstand tussen die koek en die icing. Van die een was daar te min, van die ander te veel. 

Genadiglik is ons nie tans besig met Koekedoor nie en gaan ek beslis nie die bakker aan die koek op die tafel meet nie. Ek herhaal, my ervaring van die boek is moontlik net tans en ook net 'n blote misverstand. Lees gerus die volgende resensies deur kenners wat boeke en bes moontlik ook koeke, baie beter ken en verstaan: 


Mareli 



















Comments

Popular posts from this blog

King Solomon's mines - H. Rider Haggard

Recipes for Love and Murder - Sally Andrew

The Sunday Post