Die KOORS loop hoog

31342329Titel: Koors
Skrywer: Deon Meyer
Uitgewer: Human & Rousseau
Publikasie datum: 05 Augustus 2016
Bladsye: 579 (sagteband)
My gradering: 5 Sterre
Beveel aan vir lesers van: Deon Meyer (punt). Misdaad. Daar's 'n slang in die gras en iemand het dit daar gesit. Post apokalipties (dis REGTIG die einde van die wereld)
Kort opsomming: Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi … In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby. Goodreads
"Hierdie is die storie van wat na Die Koors gebeur het. Soos ek dit onthou. My waarheid. Dalk subjektief, dalk effe krom. Maar ek is feitelikheid en eerlikheid verskuldig aan almal wat deel is van die storie." - Nico Storm

Toe ek klaar Nico se storie gelees het en die boek toemaak, het ek net een gedagte gehad: AWESOME (nee, ontsagwekkend of asemrowend is glad nie beskrywend genoeg nie). Dis mos nou hoe mens 'n storie vertel! As jy verwag om Koors op die naat van jou rug te geniet, dink weer. Jy gaan op die punt van jou stoel sit van begin tot einde. Jou hande gaan kramp (579 bladsye is BAIE om vas te hou, veral as jy angstig raak) en die wyn bottel gaan vinnig sak (senuweeagtige drinker), maar dis elke druppel werd. Deon Meyer oortref vir Deon Meyer. 

Deon Meyer het homself al menigte male bewys as ons land se top misdaadskrywer. Sy boeke versprei soos 'n epidemie (maak dit maar 'n Koors) en almal van skoonma, tot die die skoolhoof, tot die mechanic in Brakpan lees dit. Dit is juis wat hom so suksesvol maak. Deon weet hoe om in een boek die hele gemeente gelukkig te hou. Vir mev. Dominee/Professor en Doktor Sus-en-So gebruik hy ontsagwekkende woordspel om diep filosofiese nuanses oor te dra. Vir Jan, Piet, Koos en Sarie op die gallery vertel hy een freaking awesome storie. 

Image result for freaking awesome gif

Met Koors gaan Deon nog 'n nuwe groepie lede werf - die KJV (Nee, nie die Kerkgroepie nie). Die Kring van Jong Volwassenes. Beter bekend as die YA generasie. Die mees gewildste boeke en topverkopers is deesdae die sogenaamde Young Adult. Almal tussen 16 en 60 lees dit. Ek ook (ek val so in die middel van genoemde ouderdomsgroep). Meeste van hierdie boeke is aksie-belaaid, risikos word geneem, gewone mense word in ongewone omstandighede gedompel, dis regtig die einde van die wereld en die voortbestaan van die mensdom berus in die hande van een of twee uitverkore tieners. Met die skep van Nico Storm bewys Deon Meyer dat hy 'n eie-tydse skrywer is wat saam met die winde van verandering kan waai. 

Vir my is 'n groot aantrekking van die hedendaagste YA boeke die feit dat dit visueel baie sterk is. G'n wonder hulle word deesdae omtrent almal loket-treffers nie (ja, ek skimp dat iemand 'n fliek moet maak van Koors). Ek het regtig lanklaas 'n boek gelees wat ek so goed kon visualiseer en toe ek op Deon Meyer se navorsingsfotos vir Koors afkom, het ek sommer nog 'n bottel wyn gaan oopmaak. Kliek op bygevoegde skakel om al Deon se fotos te sien.  Koors navorsingsfotos

  

In Koors ontmoet ons 'n wye verskeidenheid karakters wat onder normale omstandighede dalk nooit paaie sou kruis nie. Ook hier het ek my verlekker aan die mengelmoes karakters wat tog aan my bekend is. Daar is sekere fasette van die boek wat my aan verskeie ander boeke en karakters laat dink het.  Ek dink byvoorbeeld aan The Stand deur Stephen King en veral die volgende aanhaling:
“Show me a man or a woman alone and I'll show you a saint. Give me two and they'll fall in love. Give me three and they'll invent the charming thing we call 'society'. Give me four and they'll build a pyramid. Give me five and they'll make one an outcast. Give me six and they'll reinvent prejudice. Give me seven and in seven years they'll reinvent warfare."
Nico en Sofia het my baie laat dink aan die twee hoofkarakters in Veronica Roth se treffer-reeks, Divergent en Willem Storm (Nico se pa) en Domingo aan karakters uit die tv-reeks Lost:


Image result for Four with a gun in divergent Image result for tris and four Image result for sayid from lost Image result for ben from lost
"Verantwoordelikheid beteken in wese dat ons eindelik antwoorde moet verskaf op vrae wat ons geliefdes, ons naastes, of ons gemeenskap van ons vra." - Willem Storm
Hierdie "gemeenskap" het drie vinnige vrae aan Deon Meyer gerig en hy was my goedgesind genoeg om dit te beantwoord: (kyk, kyk - dis Deon Meyer!)



Deon Meyer1. KOORS vergelyk sterk (maar regtig uitstekend gedoen) met The Stand deur Stephen King. Nico en Sofia laat my ook dink aan karakters uit die Divergent reeks van Victoria Roth. Is dit bloot toevallig of was daar 'n inspirasie?
Ek moet beken dat ek — ondanks my groot respek vir Stephen King —  nog nie The Stand gelees het nie (maar sal dit nou graag wil doen), en ook nie enigiets in die Divergent-reeks nie. Dit is dus toevallig.

2. KOORS is egter vir my baie meer realisties en 'n dit-kan-actually-regtig-gebeur scenario as The Stand. In jou Erkennings bedank jy vir Prof. Wolfgang Preiser wat vir jou 'n virus ontwerp het. Is die virus veilig agter slot en grendel of moet ons begin blikkies-kos bymekaar maak? 

Ons is gelukkig veilig. Prof Preiser het my verseker dat die virus in teorie maklik sal kan muteer, maar dat dit hoegenaamd nie so maklik sal kan versprei nie.

3. Lemmer en Bennie Griesel - het hulle die koors oorleef of nie?
Hulle het, tot my groot verligting.

Ek is seker daar is 'n paar baie verligte lesers. Ek is ook maar bekommerd oor Bennie en Lemmer is darem baie stil die laaste ruk. Moenie betrokke raak nie is nie heeltemal dieselfde as moenie verdwyn nie. Ek sien uit om eersdaags weer met Bennie of Lemmer of Nico Storm te kan kuier!

Indien jy meer wil weet oor Koors, besoek gerus Deon Meyer se webwerf by Deonmeyer.com 

Ander resensies:



Mareli 
















Comments

Post a Comment

I love talking to you - I always Thalk back!

Popular posts from this blog

King Solomon's mines - H. Rider Haggard

Recipes for Love and Murder - Sally Andrew

The Sunday Post