Titel: Misverstand Skrywer: Marita van der Vyver Uitgewer: Penguin Random House SA Publikasie datum: Maart 2017 Bladsye: 270 (sagteband) My gradering: 2 Sterre Beveel aan vir lesers van: Marita van der Vyver (dis nie 'n genre nie, ek weet, maar dit is 'n onmisbare stem). As jy worstel met die vraag, Wroeg jy met jou middelmatigheid? Kort opsomming: Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem. Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wa